Die Geskiedenisse
| |
---|---|
Fragment uit Herodotos se Geskiedenisse, Boek VIII oor Papyrus Oxyrhynchus 2099, gedateer tot vroeë 2de eeu nC.
| |
Skrywer | Herodotos |
Land | Griekeland |
Genre | Geskiedenis |
Uitgewer | Verskeie |
Uitgegee | 430 vC |
Die Geskiedenisse (Grieks: Ἱστορίαι, Historíai; ook bekend as Die Geskiedenis[1]) van Herodotos word beskou as die grondliggende werk van geskiedenis in die Westerse letterkunde[2] Alhoewel dit nie 'n ten volle onpartydige rekord is nie, bly dit een van die Weste se belangrikste bronne rakende hierdie sake. Boonop het dit die genre en studie van geskiedenis in die Westerse wêreld gevestig (ten spyte van die bestaan van historiese rekords en kronieke vooraf).
Die Geskiedenisse is ook een van die vroegste verslae van die opkoms van die Persiese Ryk, sowel as die gebeure en oorsake van die Grieks-Persiese Oorloë tussen die Persiese Ryk en die Griekse stadstate in die 5de eeu vC. Herodoto beeld die konflik uit as een tussen die magte van slawerny (die Perse) aan die een kant, en vryheid (die Atheners en die konfederasie van Griekse stadstate wat teen die indringers verenig het) aan die ander kant. Die Geskiedenisse is op 'n stadium verdeel in die nege boeke wat in moderne uitgawes verskyn, konvensioneel vernoem na die nege Muses.